Home

Koek bak is terapie vir jou siel. So het ek weereens uitgevind oppad na herstel van ‘n motor ongeluk en ‘n tydjie na moederlief se afsterwe.

Ek is nou 50 jaar oud en my jongste en vierde dogter het pas die huis verlaat en is oppad na haar eie avontuur, die grootmens lewe.

Vir die eerste keer vandat ek gebore is, is ek nou feitlik alleen en my tyd my eie. Manlief, die Viking chef is nog aan my sy en worshond aan die ander.

Ek neem jou nou saam my in my persoonlike spasie om lief en leed, geheime, resepte met so tikkie humor met jou te deel. Ek hoop om jou te inspireer sodat jy van jou nukke en grille kan ontslae raak, deur salig koek te bak.

Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg.

Ek praat reguit, prontuit en noem ‘n ding op sy naam net soos dit is. Geen pretensie, ek is wie ek is en ek kry terapie om myself weer te ontdek deur koek te bak.

Sit solank die ketel aan

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg
search previous next tag category expand menu location phone mail time cart zoom edit close